LEGENDES EN TOP PRESTEERDERS

Louis Moolman

Springbok #498

Louis matrikuleer in 1968 toe die skool nog bekend was as Hoërskool Lyttelton.

 

Louis speel 171 keer vir Noord-Transvaal in 'n loopbaan wat 13 jaar strek. In die tydperk verskyn hy in 9 Curriebeker finale waarvan 5 gewen word en 1 gelykop eindig.

 

Heel gepas speel hy sy eerste toets vir die Bokke in 1977 op Loftus Verveld. In sy 24 toetse is hy 19 keer aan die wen kant. Hy word onthou as een van die beste rugbyspelers van sy era. Louis sterf in 2006 op die ouderdom van 55.

Johan Roux

Springbok #607

Johannes Petrus Roux matrikuleer in 1986 en is ook Eerstespan kaptein in die jaar.

 

Johan speel 16 wedstryde vir Noord-Transvaal tussen 1991 en 1992, en skuif na Transvaal in 1993. Hy speel 111 wedtsryde vir Transvaal en wen die Curriebeker in 1993 en 1994.

 

Johan word 'n Springbok in 1994 en vorm deel van Suid-Afrika se eerste Wêreldbekerspan wat ook die toernooi wen in 1995. Sy Springbokloopbaan bestaan uit 12 toetse met twee drieë.

Barry Schoeman

SA Skole

Barry matrikuleer in 1975 kort na die skool se naam verander van Hoërskool Lyttelton na Hoërskool Verwoerdburg. Die skool se Eerstespan wen die Administrateurs-beker vir slegs die tweede keer.

 

Barry word in dieselfde jaar gekies vir die destydese Noord-Transvaal Cravenweekspan.

 

Hy beindruk en word ook gekies vir die SA-Skolespan van 1975, na in 1974 besluit is om elke jaar 'n skole Springbokspan te kies.

Jannie Griesel

SA Skole

Jannie matrikuleer in 1987 en was ook kaptein van die jaar se Eerstespan.

 

Hy veteenwoordig Noord-Transvaal by die Cravenweek en word ook so gekies vir die SA Skolespan van 1987.

Gerhard Klerck

USA Eagles & Benetton

Gerhard matrikuleer in 1993 en was ook lid van die jaar se Eerstespan.

 

In die laat 90's verhuis hy na Aspen, Colorado en speel vir hulle Super Liga span, Gentleman of Aspen.

 

In 2003 verteenwoordig hy die USA Eagles by die Wêreldbeker en speel in die wedstryd teen Japan wat die Eagles 39-26 wen. Hy speel ook professionele rugby by Benetton Triviso in Italië. 

Johan Pretorius

Sport & Kondisionering

Johan matrikuleer in 1996 en was ook lid van die jaar se Eesrtespan.

 

Hy verwerf M.Tech, Sports and Exercise, 'n BSc, Biokinetics en 'n Meesters in Sports & Exercise Medicine.

 

Johan behaal internasionale hoogtes in sy beroep en werk onderandere met die volgende provinsiale en internationale spanne as Biokinetikus en Krag & Kondisionerings Afrigter. Blitz Bokke, Junior Bokke, Sharks, Southern Kings, Edinburgh, Worcester en Biarritz.

Niel du Plessis

O/20 Junior Bok & Cheetah

Niel matrikuleer in 1997 en is ook deel van die Eerstespan in '96 en '97. Niel word gekies vir die O/20 Junior Bokke in 2000 en druk die enigste drie vir die Bokke in die finaal wat eerder gou sal wil vergeet word met die telling 5-71.

 

Met 'n Meesters in Sportwetenskappe, behaal Niel groot sukses vir 8 jaar by die Cheetahs as Hoof Sportwetenskaplike.

 

A.g.v. 'n beserings krisis by die unie, speel Niel 'n Superrugby westryd teen die Reds in 2010. Hy konsulteer ook in 2015 by SARU en 2 jaar by die Bulle as Hoof Sportwetenskaplike.

Thabo Mabuza

SA Skole & O/20 Junior Bok

Thabo matrikuleer in 2012 en is ook kaptein van die Eerstespan in die jaar.

 

Tydens sy skooljare verteenwoordig Thabo die Bulle by O/16 Grant Khomo in 2010 en O/18 Cravenweek in 2011 en 2012. So word Thabo ook gekies vir die SA Skolespan in 2011 en 2012. In 2014 word hy ook gekies vir die O/20 Junior Bokke wat verloor in die finaal met 1 punt teen Engeland.

 

Hy verteenwoordig later die Lions en Valke op senior provinsiale vlak.

Dayan van der Westhuizen

SA Skole & O/20 Junior Bok 

Dayan verteenwoordig die Blou Bulle by die O/18 Cravenweek in 2011 en 2012. In 2012, die jaar waarin hy matrikuleer word hy ook gekies vir die Sa Skolespan.

 

In 2014 word hy 'n O/20 Junior Springbok en word ingesluit in die finaal se beginspan wat ongelukkig met een punt verloor teen Engeland.

 

Dayan speel senior rugby by die Blou Bulle vanaf 2015 en speel ook Superrugby vir die Southern Kings in 2017 en 2018.

Ethan Wentzel

O/20 Junior Bok & Cheetah

Ethan matrikuleer in 2018 en was deel van die Eerstespan in die jaar.

 

Ethan speel ook )/18 Cravenweek vir die Blou Bulle Akademie XV. Dit is egeter na skool waar Ethan uit klubrugby gekies word vir die O/19 Valkespan en homself in die O/20 Springbokspan bevind.

 

In 2024 skop hy die wenskop in die Varsitybeker finaal vir die Shimlas.

 

Ethan is huidglik in die Cheetah-span en het reeds sy merk gemaak.

JP Jacobs

50 Wedstryde Eerstespan

JP matrikuleer in 2019 en verteenwoordig die Eestsespan vir die 50ste keer in die finale liga wedstryd van die jaar teen Hoërskool Lichtenburg.

Jonathan Vorster

Tuks Young Guns & 0/20 Valke

Jonathan matrikuleer in 2020, 'n jaar waarin slegs een Eerstespan wedstryd gespeel kon word as gevolg van Covid-19. Hy draf wel uit vir die Eerstespan vir die wedstryd.

 

In 2021 speel Jonathan vir Tuks se Young Guns en speel in 2022 vir die Valke O/20 Currie Beker span wat ook die jaar die toernooi wen.

Waldo Koeleman

50 Wedstryde Eerstespan

In 2024, die jaar waar Waldo verkies is tot Eerstespan kaptein behaal hy 'n mylpaal deur een van min spelers te word wat 'n totaal van 50 Eerstespan wedstryde speel.

 

Sy eerste wedstryd op 5 Maart 2022 is teen HTS John Vorster en speel ook heel gepas sy laaste wedstryd teen dieseflde skool op 8 Junie 2024.

 

Waldo word bekroon as Speler van die Jaar in 2024 om sy skoolloopbaan op 'n hoë noot aftesluit.